Your Recipe Blog

VINNIGE CAPPUCINOPOEDING MET SOUS

Cook: 30 - 40 minute | Servings: 1 broodjie

VINNIGE CAPPUCINOPOEDING MET SOUS

Delicious vinnige poeding!

  • 1 pakkie Golden Cloud cappucino muffinmengsel
  • 4 teelepels sterk koffie
  • Sous:
  • 200 ml bruinsuiker
  • 150 ml melk
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels grondboontjiebotter
  • Om te versier:
  • neute van jou keuse

Meng die koffiepoeier met die hoeveelheid water soos aangedui op die pakkie en maak die muffinmengsel verder aan soos aangedui.
Plaas die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak 30 tot 40 min teen 180 ºC.
Gebruik ‘n mes of toetspen om te toets of dit gaar is.  Meng die suiker, botter, melk en grondboontjiebotter en kook vir 15 minute oor lae hitte.
Haal die poeding versigtig uit die pan en plaas op ‘n afkoelrak of opdienbord.
Skep die sous oor en versier met neute van jou keuse.
Nota:
Moenie te gou uit die pan haal nie, dit mag dalk breek.

Resep en foto:  Thys Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page