Your Recipe Blog

VINNIGE BRUISMEEL KOEKSISTERS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 3.5 dosyn

VINNIGE BRUISMEEL KOEKSISTERS

3,5 dosyn koeksisters van normale grootte

  • Deeg:
  • 500 g bruismeel (self raising)
  • 2 ml sout
  • 1 ekstra groot eier
  • 250 ml water
  • 10 ml gesmelte botter
  • genoeg kookolie vir diep braai
  • Stroop:
  • 800 g suiker
  • 500 ml water
  • 15 ml goue stroop
  • 12,5 ml gliserien
  • 5 ml kremetart
  • knyppie sout
  • 2 tot 3 stukke pypkaneel

Sif bruismeel en sout saam.
Klits eier en water en voeg gesmelte botter by.
Meng meelmengsel met vloeistof tot sagte deeg, smeer hande liggies met kookolie, en knie deeg goed, of gebruik ’n menger.
Bedek deeg met klam doek, laat 10 min staan.

Kook intussen stroop:
Plaas al die stroop bestanddele in groot kastrol verhit tot kookpunt, roer 2 keer, laat 7 – 10 min kook. Haal af en laat effens afkoel.
Rol deeg uit, sny in repe, vleg of draai.
Braai in warm kookolie tot bruin, skep uit en dompel in die warm stroop, haal uit en plaas op draadrak.
Verkoel in yskas en dien op.
Bewaar wat oorbly in ’n toe houer in vrieskas of oop houer in yskas

Foto: Meisie van der Colff
Resep geplaas deur Deon Huysamen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page