VINNIGE BROODSISTERS


- Stroop:
- 6 koppies suiker
- 4½ koppies water
-
1 opgehoopte teelepel gemmer
- ¾ teelepel vanilla geursel
- Broodsisters
- 1 ongesnyde wit brood
- olie vir diepbraai
Broodsisters:
Sny brood in snye van 1½ cm dik. Sny korsies af indien verkies.
Sny elke sny in 3 vingers en elke vinger oor die breedte in die helfte.
Stroop:
Kook water en suiker vir 10 minute, voeg die gemmer en vanilla by en kook weer vir 3 minute.
Verkoel stroop tot yskoud, verkieslik oornag in yskas.
Wanneer stroop gereed is, braai die broodvingers in warm, diep olie (soos aartappelskyfies).
Haal uit die olie en doop dit DADELIK in die yskoue stroop.
Die sisters moet heeltemal onder die stroop gedompel en bedek wees.
Wanneer sisters lekker stroop getrek het, verwyder uit die stroop, plaas op ‘n rakkie sodat ekstra stroop kan afdrup.
Resep en foto: Santie Carelse