VINNIGE BOTTERBROODJIES VIR ONTBYT (HALOGEN)
- Sif die volgende saam:
- 500 ml meelblom
- 20 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- Vryf die volgende in die meelmengsel in dat dit soos krummels lyk:
- 25 ml gerasperde botter
- Meng die volgende:
- 160 ml melk
- 1 eier
Roer die melkmengsel liggies by die meelmengsel in.
Sit die deegmengsel op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Druk plat met die hand, 12 mm dik.
Druk sirkels uit.
Smeer die bokant liggies met mengsel van eier en water.
Bak 10 min by 220ºC in die Halogeen oondjie of in jou gewone oond.
Resep geplaas deur Joey Mostert
Foto: Frances Smith












