Your Recipe Blog

VINNIGE BOKSKOEK

Recipe by
60 minutes

VINNIGE BOKSKOEK

Jy het net vyf minute nodig om dié heerlike koek aanmekaar te slaan…

  • 1 boks sjokolade koekmengsel
  • 1 boksie sjokolade kitspoeding
  • 4 eiers
  • 1 koppie suurroom (of griekse jogurt)
  • ½ koppie olie
  • ½ koppie vloeistof (water, koffie, likeur)
  • 2 koppies sjokolade korrels (meeste bakbestanddele winkels hou dit aan – choc chip)

Verhit oond tot 180 ºC.
Besproei ‘n groot Bundtpan met kooksproei.
Meng die koekmengsel en kitspoeding saam in ‘n bak. Voeg eiers, suurroom olie en vloeistof by.
Meng vir so drie minute met ‘n elektriese klitser. Stop so paar keer en skraap die bak om seker te maak alles word goed gemeng. Vou die sjokolade korrels by.

Skep die deeg in die Bundtpan en bak vir ongeveer een uur totdat die koek gaar is (‘n tandestokkie kom skoon uit as jy hom in die koek steek).
Verkoel in die pan vir 10 minute, keer dan uit op ‘n draad rakkie en verkoel heeltemal.
Hou die koek in ‘n koekblik op die toonbank – hy hoef nie in die yskas gehou te word nie.

Nota:
Ek versier glad nie die koek nie – hy is lekker net so! Jy kan bietjie versiersuiker oor strooi, of maak bietjie ganache om oor te gooi as jy daarvan hou.

Resep en foto: Debbie Edwards.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page