VINNIGE ALFREDO

- 1 pakkie sampioene
- 1 pakkie spekstukkies
- 4 viennas, in stukkies gesny
- botter om in te braai
- Witsous:
- 2 ½ koppie melk
- 4 eetlepels koekmeel
- 3 eetlepels botter
- gerasperde kaas, sommer baie
- sout en witpeper
- Ekstra:
- gaar pasta (ongeveer 300 g rou pasta)
Kook die pasta soos op die verpakking, dreineer en hou eenkant.
Braai die eerste 4 bestanddele saam tot gaar in botter en hou eenkant.
Witsous:
Smelt die botter saam met die melk in ‘n pot en bring tot kook punt.
Voeg 1 eetlepel koekmeel op ‘n slag by en roer deeglik en vinnig met ‘n hand klitser.
Maak seker dat daar geen klontjies is nie. Hou aan tot al die koekmeel bygevoeg is.
Stel op lae hitte na melk borrel. Laat 5 min stadig kook. Haal van die plaat af.
Voeg peper, sout en kaas by.
Meng alles saam en bedien saam met gaar pasta, sprinkel gemengde kruie bo oor.
Resep en foto: Juandri van der Walt