VINKEL VARKRIB MET APPEL
- Ongeveer 1 kg vark rib, kan ontbeen of net so los
- sout en peper (ek het pienk himalajasout gebruik)
- vars vinkelsaadjies
- Chinese five spice mix *
- 1 botteltjie Flying fish – “chilled green apple flavoured beer” of Savanna
- 1 koppie water
- 2 heel steranys
- 1 – 2 groen appels
- sweet chilli sous na smaak
- 1 teelepel mielieblom (Maizena) aangemaak met bietjie water
Maak snye deur die vel soos verlang, ek het net reguit lyne gesny so 2.5 cm uitmekaar, net deur die vel tot in die vleis.
Maak die vel goed droog, strooi lekker dik met sout, vryf dit in die vel in en sit eenkant neer vir ongeveer 30 min, dit trek die vog uit die vel.
Na 30 min kan jy met kombuis papier die vel mooi droog vee.
Vryf nou die vel weer in met sout, peper en heel vinkel saadjies, sommer in die gleufies ook in.
Draai nou die vleis om en vryf in met sout en “five spice mix” reg om, op die kante ook.
Neem nou ‘n oondpan met ‘n rooster wat in hom pas, nie te groot nie, dan gaan jou vloeistof te vining weg kook.
Sit die water, steranys en so half teelepel vinkelsaad in die pan. Sit die rooster in die pan en plaas die vleis op die rooster met die velkant na bo. Plaas in voor verhitte oond by 150ºC vir ongeveer 2 ure.
Haal uit, (as die bene nog in is, haal dit nou uit) en sit jou vleis eenkant, haal die steranys uit die pan en gooi die botteltjie Flying fish in die pan.
Sny die appels in 4, haal die pithuisies uit, sit die rib binne-in die vloeistof, pak die appelstukke om die kant, en sit terug in die oond vir ongeveer nog 1 uur, die krakerige vel gedeelte moenie in die vloeistof wees nie.
Toets of jou vark lekker sag is, anders bak nog ‘n rukkie tot lekker sag.
Nota:
As jy die “crakling” harder wil hê, sit dit onder die grill vir ‘n paar minute. Moenie weg kyk nie, dit blaas baie vining op en kan brand.
Laat rus terwyl jy die sous voorberei, moenie toemaak nie, die “crackling” sal sag word.
Haal die appels uit en hou eenkant, sny in skyfies.
Gooi die pansappe deur ‘n growwe sif, sit die vloeistof in ‘n klein potjie op die stoof, voeg sweet chilli sous by na smaak tot die surigheid vir jou net lekker is. Voeg nou die Maizena bietjies, bietjies by en laat kook terwyl jy heel tyd roer. Die sous moet nie te dik wees nie, net ‘n lekker tekstuur sodat jy dit oor die vleis kan drup.
Bedien saam met kapokaartappels, vars groen slaai en sit van die appel op die gesnyde vleis op die bord, bedruip met van die sous, sit van die appelskywe op die kant as bykos.
Resep en foto: Rina Kleinhans.
HOMEMADE FIVE-SPICE POWDER
1 teaspoon ground cinnamon
1 teaspoon crushed anise seed or 1 star anise, ground
¼ teaspoon crushed fennel seed
¼ teaspoon freshly ground pepper
⅛ teaspoon ground cloves
Mix all ingredients together. Store in a covered container. Makes about 3 teaspoons