Your Recipe Blog

VIENNA ROL

Recipe by
Cook: 25-30 minutes

VIENNA ROL

  • Kors:
  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 125 g margarien
  • 150 ml melk
  • Vulsel:
  • 6 viennas, gerasper
  • 350 ml cheddarkaas, gerasper
  • 50 ml margarien
  • 20 ml mosterd
  • 1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Sif droë bestanddele saam en vryf die margarien in tot krummels.
Voeg net genoeg melk by om deeg te vorm wat uitgerol kan word.
Indien dit lyk of die beslag te styf is, voeg nog bietjie melk by en werk in met ‘n slaplemmes.
Rol deeg in ‘n reghoek van 30 x 25 cm uit.
Meng al die bestanddele vir die vulsel saam behalwe die eier.
Smeer vulsel op die deeg. Rol deeg op en sny in skywe, maar nie reg deur nie.
Smeer die geklitste eier oor die deeg.
Bak vir ongeveer 25 – 30 minute of tot gaar.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5