Your Recipe Blog

VETRYS – RYS EN VLEISGEREG

VETRYS – RYS EN VLEISGEREG

Hier is my vetrys. Baie lekker ek het die aartappels gerasper om sous dikker te maak, vleis baie sag.

  • 500g lamskenkels
  • 500 ml water
  • 3 uie, gekap
  • 2 aartappels, gerasper
  • ¼ koppie soyasous
  • ¼ koppie olyfolie
  • 2 eetlepels sout
  • 1 eetlepel swart peper
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • 500 g rou rys

Braai die uie lekker bruin in ‘n pot met olie en haal uit, skep die uie uit.
Sit die vleis in dieselfde pot, voeg die soyasous by en braai die vleis bruin, giet die water in die pot en kook tot sag oor ‘n lae hitte.  Sit die uie by saam met die res van die bestanddele, buiten die rys. Meng goed deur en kook net deur tot alles gaar is en ‘n lekker dik sous vorm.

Rys:
Braai rys met olyfolie tot bruin.
Voeg water by en kook gaar.
Meng rys met vleis en laat rus sodat geure kan trou.
Bedien warm.

Resep en foto:  William Starbuck

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page