VETKOEKDEEG
Ek het vanmôre Jane Lerm se vetkoekdeeg resep uit probeer. Moet sê dis so ‘n maklike resep en die ware Jakob vir stroop of appelkooskonfyt en natuurlik koffie.
Aanvanglik het ek gedink die deeg is ‘n bietjie te slap en dit so vir 5 – 10 minute gelos.
(Ek glo mos meel set so na ‘n rukkie). Toe dam ek dit by en knie. Heerlike sagte deeg.
Ek plaas haar resep en ‘n foto van my baksel.
- 500 g koekmeel, ek het broodmeel gebruik
- 7 ml sout
- 10 g (1 pakkie) kitsgis
- 400 ml lou warm water
- olie vir bak
Plaas die meel en sout in groot mengbak. Strooi gis oor die meel.
Voeg water by en meng tot ‘n sagte deeg. Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak en knie vir 10 min tot sag en glad.
Laat rys vir 1 uur 30 min tot dubbel in groote. Knie die deeg af en rol in ewe groot bolletjies uit. Sit die bolletjies op ‘n meelbestrooide bakplaat en laat rys vir nog ‘n half uur.
Voorverhit olie in ‘n vlakkerige kastrol. Trek die deeg lekker platterig en sit een vir een in die warm olie. Druk die vetkoek vir 15 sek onder die olie. Keer om en braai tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier. Sit voor met botter en lekker baie stroop of heuning.
Resep: Jana Lerm
Foto: Hannie Steyn