Your Recipe Blog

VETKOEKBURGERS

Recipe by
Cook: ongeveer 7 minute | Servings: 12 vetkoekburgers

VETKOEKBURGERS

Ek koop sommer deeg by Spar.

  • 1 pak gekoopte brooddeeg
  • tamatieskywe
  • gebraaide uie
  • komkommerskywe
  • slaaiblare, fyn gesny
  • kaassous
  • burgersous
  • patties

Rol deeg in ‘n vierkant. Sny in kleiner vierkante. Ek het so 12 vierkante gesny.
Plaas vierkante in ‘n skinkbord wat met olie gesmeer is. Laat deeg rys.
Plaas vetkoek in lugbraaier en bak by 160°C vir 4 minute.
Smeer tussen baktyd liggies met olie. Draai om en bak vir ‘n verdere 3 minute by 180°C.
Bak bietjie langer indien jy ‘n donkerder vetkoek verkies.
Onthou om vetkoeke tussenin liggies met olie te verf.

Maak heerlike burgers met gaar patties, tamatieskywe, gebraaide uie, komkommerskywe, slaaiblare fyngesny, kaas en burgersous van jou keuse en geniet.

Resep en foto: Sarie Greyvenstein

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page