VETKOEK WAT GOED VRIES
Resep geplaas en foto: Susanna Kruger
Dit is glad nie “hol” nie ek persoonlik hou nie van “hol” vetkoeke nie. My man is My grootste Kritikus en hy het vir my kompliment gegee en gesê die vetkoeke wat ek bak is baie lekkerder as die plek wat oral bekend is vir vetkoek.
- 5 koppies koekmeel
- 1 pakkie kitsgis
- 60 ml suiker
- 2 teelepels sout
- 2 groot eiers geklits
- 2 koppies louwarm water (1 loppie kookwater en 1 koppie kouewater) meng die water met mekaar
- Meng die droë bestanddele goed deur.
- Voeg nou die geklitste eiers by die louwarm water.
- Voeg die eierwatermengsel by die droë bestanddele, knie goed deur tot deeg nie meer aan jou vingers kleef nie. Sit in ‘n gesmeerde bak en maak toe met kleef plastiek en laat rus op warm plek vir 1 uur.
- Kry genoeg olie gereed in groterige pot, en laat die olie warm word, maar nie kokend nie.
- Plaas stukkie deeg in olie, as die degie dadelik boontoe kom is die olie gereed. Maak bolletjies nie te groot nie, maar ook nie te klein nie.
- Ek het hierdie keer langwerpig probeer net vir verandering. Druk dit plat.
- Plaas elke vetkoek in die warm olie, skep die hele tyd warm olie oor die vetkoek en diepbraai tot die vetkoek ‘n mooi kleur het en deur gaar is. Vetkoeke moet nie te vinnig bruin word nie, dan is jou olie te warm. Haal uit en pak op kombuispapier terwyl die res gebak word.
Nota:
Skryf die resep af jy sal nooit weer winkel deeg koop nie en die vetkoek is môre nog sag en dit vries baie goed.
Ek gebruik die resep nou byna 5 jaar lank.Gekry by my dogter se vriendin Janetta Erina Smith (haar ouma se resep).












