VETKOEK MET KITSGIS
- 2 pakkies kitsgis
- 2.5 kg koekmeel
- 1.2 liter lou warm water
- 5 teelepels sout
- 20 teelepels suiker
- olie vir diepbraai
Meng ‘n half koppie lou water met 2 teelepels suikeren die kitsgis en laat stan eenkant tot dit ontwikkel.
Voeg droë bestanddele in bak en gooi kitsgis mengsel by.
Voeg bietjie vir bietjie lou water by en knie.
Sodra deeg nie meer aan jou hand vas sit nie is dit reg.
Laat staan deeg vir ‘n rukkie, maak lekker warm toe.
Vorm die vetkoeke en diepbraai tot goudbruin.
Resep en foto: Andre Le Roux