Your Recipe Blog

VETKOEK “HOTDOG BUNS”

VETKOEK “HOTDOG BUNS”

  • 6 koppies koekmeel
  • 2 pakkies gis + 1 teelepel
  • 6 eetlepels suiker
  • 2 teelepels sout
  • ¼ koppie sagte bak botter
  • sterk louwarm water
  • olie vir diepbraai

Plaas alles (behalwe die water) in die bak van die elektriese menger. Gebruik eers die medium spoed en voeg water by tot net gemeng en nie aan hande vassit nie. Sit nou op vinnige spoed en meng vir 20 min tot jy sien dis ‘n hanteerbare deeg.

Rol die deeg uit op ‘n tafel wat met meel bestrooi is en sny met staal eierspaan of skerp vleismes die lengte wat jy wil hê. Plaas so 4 cm uitmekaar.
Sit ‘n kastrol op die stoof met olie in. Sodra die broodjies gerys het, laat die olie warm word, lig die broodjies sorgvuldig met die eierspaan op en plaas versigtig in die warm olie en bak tot mooi bruin buite om en gaar.

Nota:
Olie moet nie te warm wees nie, dan sal dit binne rou wees.  Toets met ‘n stukkie deeg, as jy dit in die warm olie plaas en dit kom dadelik op boontoe, is die olie se hitte reg.

Resep en foto:  Juliana Schoeman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page