Your Recipe Blog

VESELPERSKE, PYNAPPEL EN APPELSLAAI

VESELPERSKE, PYNAPPEL EN APPELSLAAI

So ietsie vars op jou bord met geen mayonniase.

  • spinasie blare, gekap vir onder in jou slaai bak
  • gesnyde geskilde veselperske (mango)
  • blokkies groenappel
  • skyfies appelkoos opsioneel
  • blokkies of repies vars pynappel
  • rooi ui, in ringetjies gesny
  • sprietuie
  • rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • avokado blokkies, opsioneel
  • Sous:
  • bietjie olyfolie
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1 toontjie knoffel
  • sout en gemaalde swart peper
  • 1 teelepel heuning

Pak al die gesnyde vrugte en groente bo-op die gesnyde slaaiblare.
Meng die vrugte so bietjie deur. Nie te veel om nog steeds meeste spinasie onder te hou.
Lyk mooi kleurvol in die bak.

Sous:
Meng alles saam en giet oor slaai so ‘n uur voor opdiening.

Nota:
Wat ek ook gedoen het vir ekstra sousie:
‘n Bakkie plain yoghurt met 1 suurlemoen se sap uitgedruk en gemeng.
Sout, gemaalde swart peper en kruie van jou keuse.
Skep skeppie oor die slaai. Is heerlik.

Resep geplaas deur Mariè Fourie
Foto. Mariè Fourie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page