Your Recipe Blog

VESELPERSKE- EN WAATLEMOEN SORBET

VESELPERSKE- EN WAATLEMOEN SORBET

MANGO SORBET

  • 6 lekker ryp veselperskes, geskil en in stukke gesny
  • 100 ml water
  • 100 ml suiker

Kook suiker en water vir ±10 min om ‘n stropie te maak.
Sit verselperskes in versapper en versap.
Voeg stroop by, lepels gewys. Ek proe maar om seker te maak dis nie te soet nie.
Gooi pulp in 2 liter roomysbak en sit in vrieskas. So na 2 ure het ek dit met ‘n vurk los gekrap. Weer oornag in vrieskas gesit. Die volgende oggend uitgehaal sodat dit bietjie kan ontdooi. Toe het ek dit in voedsel verwerker geskep en weer fyn geblits. Terug geskep in roomysbak en weer gevries. Heerlik.

WAATLEMOEN SORBET

  • ½ medium waatlemoen
  • 100 ml suiker
  • 100 ml water
  • tiemie takkie
  • 100 ml Rosé wyn

Het waatlemoen gevries in stukkies, so vir 3 ure.
Kook ‘n stropie van die suiker en water en ‘n tiemie takkie bygevoeg vir ongeveer 10 min.
Het gevriesde waatlemoen in versapper gesit saam met so 2 eetlepels stroop en geblits.
So aangehou totdat al die waatlemoen fyn was en toe die Rosé wyn bygevoeg en goed geblits. Weer in roomysbak gesit en in vrieskas. Dis absoluut heerlik!

Foto en resepte deur Ronel Muller Thoma

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5