VERSUIKERDE SITRUSSKIL
- suurlemoen, lemoen, nartjies
- water
- suiker
- strooisuiker
Ek is al ‘n paar dae besig om versuikerde skil vir vrugtekoekmengsel te maak. Ek is besig met Suurlemoenskil.
Was die suurlemoen skoon en droog af. Sny die kante af. Sny die skil op vier plekke in lengte deur, maak dit maklik om die skil af te trek. Sny in lang repe.
Kook die skil in water vir 20 min. Jy moet nou die bitter uit die wit kry.
Dreineer die water af. Herhaal nog twee keer. So in totaal kook jy hom 3 keer in water.
Maak nou ‘n suikerstroop van 1 water op 1 suiker aan en kook stadig op die stoof tot die suiker opgelos is. Plaas die skilrepe in die stroop.
Kook skil vir 30 minute. Skep met gaatjieslepel uit en krap oop op ‘n bakplaat.
Laat vir ten minste 48 uur in die son staan met ‘n net oor.
Rol gedroogte die skilrepe in strooisuiker.
Bere in lugdigte houer in vrieskas tot benodig.
Dit is so lekker ek dink ek gaan dit voor die tyd opeet.
Ek gaan dit met navel lemoene en nartjie ook doen.
Resep en foto: Frans van Rensburg