VERSKRIKLIKE VINNIGE BOTTERBROODJIES
Ek maak dit baie, dus verskriklik vinnig en maklik en heerlike sag!
- Klits die volgende saam:
- 80 ml olie
- 60 ml water
- 125 ml melk
- 1 eier
- Sif die volgende saam:
- 2 koppie koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- 20 ml suiker
Meng die nat en droë bestanddele saam.
Skep in kolwyntjie pan.
Bak ongeveer 15 – 20 minute by 180 ºC
Bedien met room en konfyt.
Resep en foto: Zelrise Claasen
2de foto: Rina Kleinhans
Category:















Ek het dit gemaak en dit was verskriklik lekker.
Hierdie kan ek regtig aanbeveel, ek het so ¾ koppie gerasperde kaas ingesit en 15 ml suurlemoensap, werklik ‘n lekker skon.