Your Recipe Blog

VERSKILLENDE TIPES AARTAPPELS

Recipe by

VERSKILLENDE TIPES AARTAPPELS

Elize de Kock:
Die pers aartappel se naam is Pimpernel, goed vir “chips” en dis al. Up to date vir “mash” en BP1 is ‘n algemene aartappel wat sy vorm behou en is goed vir “mash”, “chips” of enige iets. In SA word aartappels vir die mark gepak volgens graad en groote en daar was nie ‘n vereiste vir die cultivar nie, ek praat van so bietjie lank terug.

Johan Liebenberg:
Elize, jy sê Up to Date vir mash?

Elize de Kock:
Ja die aartappel sal blus wanneer jy dit kook.

Cathy Fritz:
Op die sakkie is gewoonlik geskryf of dit geskik is vir kapok, braai of net kook.

Heibre Schronen:
Kyk vir Avalange of Van de Plank aartappels, dit “mash” baie goed.

Rayno Adlam:
Die beste aartappel om te gebruik is Yucon Gold. Ek kry dit gewoonlik by Food lovers market. Dis is ook bekend onder ander name.

Petro Borchard:
Ek verkies ook die pers skil aartappel van Woolies vir meeste doeleindes, want dit het die meeste smaak. Ek koop meestal Up to date as ek dit kan kry, anders Sifra.
Op die internet is ‘n interessante artikel oor variante wat by ons beskikbaar is, “Copy of ST Angpotato06”.

  • Waxy Potatoes:
    Cultivars include, Mondial, Fabula and BP13.
    Waxy potatoes have a high moisture content and a low starch content. During boiling, they stay firm and keep their shape, which makes them ideal for any dish where you don’t want the potato to break up, such as a potato salad.
    They are not suitable for cooking in a microwave and not at all suitable for mashing. They can be used for chips, but will make a “slap” chip and not a crisp chip.
  • Waxy/floury potaotes:
    Cultivars include, BP1, VDP, Fianna, Valor, and Sifra aka Bianca.
    These potatoes are somewhat moist with a slightly floury feel. They retain their shape during cooking and can be used for all cooking methods. These are the variety most commonly available in supermarkets.
  • Floury:
    Cutivars include, Up to Date, Caren, Darius and Avalanche.
    This variety has a low moisture content and a high starch content. They do not retain their shape when boiled and are excellent for making mash. They also make the best chips and roast potatoes, which are crispy on the outside and soft and fluffy inside.

Liz Terblanche:
Up to date of BP1 is die beste vir bak. Blus aartappels is ook lekker vir braai in olie maar nie vir mash nie.

Alvo Kotze:
Mondial is geskik vir “chips”.
BP1 is geskik vir kook.
Up to date is geskik vir “mash”.

Elize de Kock:
Johan jy gaan sukkel, die Pimpernel aartappel se kleur is rooi pers en is geskik vir “chips”. Die kleur tussen BP1 en Up to date, sal jy dit nie uitken nie. As jy baie “particular” is, koop by ‘n kweker.

Johan Liebenberg:
Elize, het dit nie ook iets te doen met die gladde of growwe skil nie?

Elize Grobbelaar:
Johan my kennis kom van lank gelede, ek kan nie vir jou se dat daar enige verskil aan “looks” is tussen BP1 en Up to date is nie, daar is verskeie nuwe variteite op die mark soos Olifant wat ‘n wit aartappel is, maar jy kan net chips met dit maak en niks anders nie. Kwekers plant dit vir “chips” fabrieke en dit word nie sommer aan die mark verskaf nie, maar direk aan Simba en Willards. Ek kan nie al die SA goed onthou nie, lank terug al weg.
Ek dink die aartappel raad het intussen verander na Potatoes SA.
http://www.potatoes.co.za/research/potato-guidelines.aspx

Jacqui Gericke:
Indien jy “Crown” aartappels kan kry, sal jy in die sewende hemel wees, want hulle is lieflik.

Cecil Otto:
Die beste vir jou probleem is Up-to-date (bliss) aartappels en die meeste winkels se groente afdelings hou dit aan.

Foto: Zani Nel

Category:

2 Reviews

  1. Magda

    waar kan ek up to date of van der plank aartappels kry

    • Hi Magda, ons is ‘n resepte blog en sal jou ongelukkig nie kan help met hierdie inligting nie, vra maar by jou lokale groentewinkels, hulle sal jou kan help.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page