Your Recipe Blog

VERSKEIDENHEID VERSIERSEL IDEES

VERSKEIDENHEID VERSIERSEL IDEES

  • ROOM SJOKOLADE VERSIERSEL:
  • 250 ml room
  • 250 g sjokolade

Smelt die sjokolade in die room op ‘n dubbel kookpot.
Laat afkoel en versier.

  • KITS POEDING VERSIERSEL:
  • 80 g botter
  • 500 g versiersuiker
  • 90 g kitspoeding (enige geur)
  • 125 ml melk

Verroom die botter.
Sif die versiersuiker en kitspoeding saam.
Voeg die melk by en klop tot glad.
Laat minuut of twee staan om stywer te word voor gebruik.

  • ROOM KARAMEL VERSIERSEL:
  • 1 houer Orley Whip
  • 1 blik karamel

Klits Orley Whip styf, en meng karamel by met ‘n lepel, skep die olie lagie bo-op eers af voor gebruik. Dis heerlik en kan op wit, sjokolade koek of kolwyntjies gebruik.

WENK:  Hoe om koeke en gebak klam te maak.

1 boksie sjokolade kitspoeding
Maak sjokolade kitspoeding met net ⅔ melk aan.
Smeer op sjokoladekoek.
Maak in houer toe en laat staan 2 of meer ure.
Maak koek lekker klam, maar nie nat nie.
Baie lekker.
Kan ook met vanilla kitspoeding of vla gedoen word.

  • GOEDKOOP BAR-ONE VERSIERSEL:
  • 240 g Bar-One sjokolade
  • 80 ml room

Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ‘n glasbak saam met die room.
Verhit dit oor ‘n kastrol met kookwater tot dit smelt.
Roer nou en dan.
Koel af en smeer oor koek.

  • BOTTER VERSIERSEL:
  • 100 g sagte botter / wooden spoon
  • 500 ml versiersuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • druppel melk, indien nodig

Klits botter en suiker saam, tot romerig, voeg geursel by en meng.
Moenie te veel meng anders raak dit loperig.
Sit so druppel pienk kleursel by die versiersel.
Flop vry en maklik om te maak.

  • GOEDKOOP KARAMEL BOTTER VERSIERSEL:
  • 100 g sagte, kamertemperatuur botter
  • 500 ml versiersuiker
  • 5 ml karamelgeursel
  • 10 ml melk

Klits tot smeerbaar.
Voeg karamelgeursel en melk by, meng tot smeerbaar en versier.
Dis ‘n baie lekker versiersel om gebruik te word vir op koeke en kolwyntjies vir bestellings.
Gebruik stork bake of regte egte botter.
Vir sjokolade versiersel, voeg 60 ml kakao by.

  • STROOISUIKER VERSIERSEL:
  • 250 ml room
  • 1 koppie strooisuiker
  • 1 pakkie kits sjokoladepoeding

Klits al die bestanddele saam tot ferm.

  • SJOKOLADE POEDING VERSIERSEL:
  • 1 pakkie kits sjokoladepoeding
  • 250 ml melk
  • 500 ml room

Klits sjokolade poeding en melk vir 1 minuut saam en sit in die yskas.
Klits room styf tot dit punte vorm.
Meng die kits sjokoladepoeding lepel vir lepel saam met die room.
Gebruik op die koek soos benodig.

  • ORLEY WHIP EN ROOMKAAS VERSIERSEL:
  • 1 boksie Orley Wip
  • 1 bakkie roomkaas
  • 500 g versiersuiker
  • ½ koppie kakao

Klop alles saam tot lekker styf.

  • YUMMIE BAR-ONE VERSIERSEL:
  • 90 g karamel kitspoeding
  • 1 blikkie karamel
  • 1 koppie melk
  • 1 koppie varsroom
  • 3 x 60 g Bar-One-sjokolades

Klits melk en kitspoeding saam vir 2 min.
Roer karamel tot glad en voeg by kitspoeding.
Klits room styf en roer by kitspoeding mengsel.
Rasper 2 Bar-Ones op die growwe kant en roer by.
Sny koeke in helfte, smeer vulsel op elke laag, plaas koeklae opmekaar, smeer laaste vulsel bo-op, sny of rasper laaste bar-one sjokolade bo-op.
Smeer kolwyntjies met vulsel en strooi gerasperde Bar-One bo-op.

  • KARAMEL VERSIERSEL:
  • 1 houer room
  • 1 blik karamel
  • 4 eetlepels kakao

Klits room, karamel en kakao saam en versier.

  • KONDENSMELK VERSIERSEL:
  • 250 ml margarien
  • 200 ml kondensmelk
  • 60 ml kakao

Klits alles baie goed saam tot romerig.
Dit is baie belangrik om ‘n hoë vet margarien te gebruik, want die medium vet margarien kan die versiering laat flop.

  • PEPPERMINT VERSIERSEL:
  • 500 ml versiersuiker, gesif
  • 125 g margarien
  • 12.5 ml melk
  • 3 druppels peppermint geursel
  • 1 druppel groen kleursel (of meer onthou jy kan altyd byvoeg maar nie uithaal nie)

Room margarien en versiersuiker saam.
Klits melk en geursel by.
Voeg kleursel by, meng goed en gebruik.

  • SJOKOLADE ROOMKAAS VERSIERSEL:
  • 125 ml roomkaas
  • 375 ml versiersuiker
  • 1½ blok onversoet sjokolade, gesmelt
  • 25 ml margarien
  • 65 ml dun room
  • 2 ml vanilla geursel
  • 1 ml sout

Room die roomkaas en margarien saam.
Roer res van die bestanddele by en meng baie goed.
Versier ‘n sjokolade en ‘n speserykoek.

  • AMANDEL VERSIERSEL MET VARS VRUGTE:
  • 100 g botter (moet by kamertemperatuur wees, nie uit die yskas nie)
  • 200 g roomkaas
  • 300 g versiersuiker
  • 1 teelepel amaretto of amandelekstrak
  • vars frambose of aarbeie
  • pêrel balletjies om te versier

Room die roomkaas en botter saam.
Draai die menger tot op die laagste spoed en voeg versiersuiker en geur by.
As die kolwyntjies heeltemal koel is, smeer of pyp elke kolwyntjie en sprinkel die pêrel balletjies bo-op, rond af met vars framboos of aarbei.

WENK:
As jy koek of kolwyntjies ekstra lekker wil maak, druk Rolo sjokolade orals in koek en bak dit dan of druk 1 rolo in middel van cupcake en bak dan.
Dis nou met enige van bogenoemde versierings.

  • SUURLEMOEN KARAMEL VERSIERSEL:
  • 125 ml orley whip
  • paar druppels suurlemoensap
  • 1 blik karamel

Klop orley whip baie styf en voeg ‘n paar druppels suurlemoensap by, klits dan karamel in.
Klits goed deur en sit in yskas vir so halfuur en versier.
Ek gebruik dit op die groot koeke ook.

  • GEKOOKTE SJOKOLADE VERSIERSEL:
  • 250 ml suiker
  • 50 ml mielieblom
  • 50 ml kakao
  • 7 ml kitskoffie
  • 375 ml melk
  • 50 ml water

Meng alles saam en kook oor lae hitte tot gaar, giet bo-oor koek en laat stol.

Resepte geplaas en wenke: Tertius Anya De Jager
Foto:  Petré Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page