VERSIERING VIR DUITSE SJOKOLADE KOEK
Ek het gister vir my buurman ‘n verjaardag koek gebak. Hy’t gevra vir ‘n “German chocolate cake”. Dis ‘n Amerikaanse ding – glad nie Duits nie! Die naam kom van die tipe sjokolade wat vir die koek gebruik word – “German’s chocolate”. Die koek self is niks besonders nie, maar die vulsel/versiersel is hemels! Ek plaas die resep vir die versiersel. Bak jou eie gunsteling sjokolade koek en probeer bietjie hierdie versiersel.
- 3 eiergele
- 225 ml Ideal melk
- 335 ml bruin suiker
- 113 g botter, kamertemperatuur
- 5 ml vanilla geursel
- 2 ml sout
- 560 ml klapper
- 335 ml gekapte pekanneute
Klits die eiergele, melk en suiker saam in ‘n swaar-boom pot.
Voeg die botter by, sit die pot op die stoof op matige hitte.
Roer aanhoudend totdat die mengsel begin kook.
Haal van die stoof af en roer die vanilla en sout by.
Meng die klapper en neute by en meng alles saam.
Laat afkoel, smeer tussen lae en bo-op ‘n sjokolade koek.
Resep en foto: Debbie Edwards