Your Recipe Blog

VERNEUKSULT

VERNEUKSULT

“Hier is die Verneuksult wat ek vandag gemaak het. Bets het die resep met ons gedeel. Ek maar net ‘n foto geneem om dit by die resep te sit. Smaak heerlik. BULLY BEEF is nou nie almal se smaak nie. Net soos afval of skaapkop nie almal se smaak is nie.”

  • 1 blikkie boeliebief (bully beef), fyn gemaak
  • 3 eetlepels gelatien
  • 1 groot ui, gerasper
  • 4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
  • 1 eetlepel kerrie
  • 1 teelepel borrie
  • 1½ koppies koue water

Meng boeliebief, kerrie en koue water en sit ekstra kwartkoppie warm water by gelatien om dit te laat smelt. Meng alles saam. Laat dit stol in yskas en sny in skywe.

Nota’s – Pieter Britz:
Lekker verneukbron gemaak met 2 kg chuck-vleis van die been af gestoom en toe gevlok met vurk in plaas van boeliebief.

Rina Kleinhans: As jy nie bulliebeef wil gebruik nie, koop corned beef… heerlik.

Plasing: Pieter Britz.
Fotos: Pieter Britz en Sandra Du Preez Thirion

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page