Your Recipe Blog

VERKLEURMANNETJIE YSKASTERT

Recipe by
Cook: 60 minute verkoelingstyd | Servings: 6 - 8

VERKLEURMANNETJIE YSKASTERT

  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 1 blik vrugte
  • 1 pakkie jellie
  • ekstra kookwater, indien benodig, vir vloeistof aanvulling
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 eetlepel botter (of meer soos benodig, gesmelt vir tertkors)

Maak koekies fyn. Meng met gesmelte botter en druk plat in tertbak om kors te vorm. Dreineer sap van vrugte en maak vrugte fyn. Maak sap van vrugte warm en vul aan met water tot een koppie (250 ml) vloeistof. Maak jellie daarmee aan. Meng jellie, vrugte en karamelkondensmelk en versprei oor tertkors.
Verkoel in die yskas vir minstens een uur.
Garneer met vars vrugte en room.

  • Voorstelle vir jellie en vrugte kombinasie:
  • pienk jellie en aarbeie
  • groen jellie en kiwi óf appel
  • geel jellie en pynappel
  • oranje jellie en perskes
  • pienk jellie en koejawels
  • geel jellie en piesangs of suurlemoene
  • blou/pers jellie en bloubessies

Resep: Babsie Basson.
Foto: Annetjie van Huyssteen.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5