Your Recipe Blog

VERKILDE TAMATIESOP MET LYNSAAD HAPPIES

VERKILDE TAMATIESOP MET LYNSAAD HAPPIES

Resep en foto: Corne Liebenberg

  • Tamatiesop:
  • 4 groot tamaties, opgesny
  • 1 medium ui, opgesny
  • 4 toontjies vars knoffel
  • 3 eetlepels Bulgaarse jogurt
  • 4 agurtjies, opgesny
  • 100 ml van die vloeistof waarin die agurtjies ingelê is
  • 4 eetlepels witsuiker
  • 8 swartpeper korrels
  • 15 ml seesout
  • Verwerk die bestanddele vir die sop in ‘n voedselverwerker vir ten minste 5 minute.
  • Bedien yskoud, heerlik saam met kouevleis, kaas en broodjies.
  • Lynsaadhappies:
  • 1 blikkie groenboontjies, gedreineer en fyner gedruk
  • 100 g lynsaad
  • 100 g amandels
  • 100 g kokosneutmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • 10 ml sout
  • genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm
  • olie vir braai
  • Verwerk die lynsaad en amandels in ‘n voedselverwerker tot baie fyn.
  • Meng die boontjies, fyn lynsaad, amandels en kokosneutmeel.
  • Voeg die eiers by en net genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm.
  • Rol die deeg in okkerneutgrootte balletjies, en braai in warm olie in ‘n pan tot goudbruin en gaar.
  • Bedien saam met die koue sop of soos verkies as ‘n vingerhappie.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page