Your Recipe Blog

VEREBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 70 minute

VEREBESKUIT

Die resep moet honderd persent gevolg word.

  • 750 ml melk
  • 500 g botter
  • 500 ml suiker
  • 2 liter louwarm water
  • 8 pakkies kitsgis
  • 40 ml sout
  • 30 ml suiker
  • 5 kg koekmeel
  • 5 eiers
  • 397 g kondensmelk
  • 50 ml suurlemoensap

Kook melk, botter en suiker en laat afkoel.
Meng 1 liter water (kamertemperatuur), suurdeeg, 15 ml sout en 30 ml suiker. Roer genoeg meel in dat dit soos pannekoekdeeg lyk. Laat uitrys vir 15 min.
Klits eiers goed en voeg kondensmelk en suurlemoen by.
Meng die res van die meel en sout.
Meng alles bymekaar en onthou voeg nog ‘n liter water geleidelik by terwyl jy knie. Die deeg moenie te styf wees nie.
Knie goed vir 20 min, maak warm toe en laat rys.
Maak balletjies sonder om af te knie en plaas in die panne.  Laat weer vol rys.
Bak 70 min by 190º C.

Nota
‘n Handvol anys kan bygevoeg word soos verkies.

Fotos en angepaste resep: Johan Andrias Joubert

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page