VERBRUINDE BOTTER MET AMANDELSOUS
Ek het myself net betyds gekeer om eers ‘n foto te neem gisteraand voor ek die sole bygedam het. Die vis is in meel met fish spice in gerol, toe in pan gebraai met klein bietjie olie en botter. Die geheim is eintlik die sousie wat bo oor is.
- amandels
- ¼ koppie witwyn (per porsie)
- ¼ koppie regte botter
- gekapte pietersielie
- sout en peper na smaak
Rooster die amandels in ‘n pan – pasop, dit brand maklik. Hou eenkant.
Vir elke porsie, kook ¼ koppie witwyn tot met minstens ½ verminder het, giet in aparte bakkie.
Smelt ¼ koppie regte botter en los dit op hitte tot dit lig bruin verkleur (NIE brand).
Meng nou die botter, sout en peper na smaak en gekapte pietersielie/dill en die wyn bymekaar en hou warm.
Indien nodig, giet bietjie suurlemoensap by.
Skep oor vis sodra gaar, strooi amandels oor en bedien.
Resep en foto: Petro Borchard