VEGAN BESKUIT
- Meng die volgende saam:
- 4 koppies volkoring meel
- 6 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel koeksoda
- Voeg by:
- 4 wheat bix, fyn gekrummel
- Meng die volgende saam:
- 300 ml So Nice vanilla soy melk
- 2 teelepels asyn
- ½ koppie canola olie
- 1 koppie suiker
Meng nat- en droë bestanddele by mekaar en goed deur.
Voeg by enige een van die volgende:
Sonneblomsade, rosyne, amandels, pampoensade of net waarvoor jy lus is.
Ek gebruik ongeveer ½ tot ¾ koppie sade.
Spuit beskuitpan, skep beslag daarin en druk mooi gelyk.
Sny met snyer of anders merk met mes as jy nie ‘n snyer het nie.
Bak 18 – 20 min teen 200ºC.
Verkoel en breek in stukkies en droog op draadrak tot droog teen 100ºC.
Ek doen dit gewoonlik oornag.
Resep en foto: Esme Slabs