Your Recipe Blog

VEERLIGTE SOUSKLUITJIES

VEERLIGTE SOUSKLUITJIES

  • 4 eiers, geskei
  • 1 liter melk
  • 100 g (200 ml) mielieblom (Maizena)
  • 2 ml sout
  • 50 g (60 ml) botter, gesmelt
  • 250 ml kaneelsuiker

Klits eiergele, mielieblom, sout en 250 ml van die melk saam.
Verhit res van melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer eiermengsel vinnig met ‘n draadklopper by.
Hou aan roer tot glad en dik.
Verlaag hitte.
Klits eierwitte styf. Verwyder mielieblommengsel van stoof en vou styfgeklopte eierwitte daarin.
Doop ‘n eetlepel elke keer in die gesmelte botter en skep lepels vol van mengsel in ‘n voorbereide opdienbak (met deksel).
Strooi kaneelsuiker oor elke laag.
Drup oorblywende botter bo-oor, sit deksel op en hou warm sodat suiker smelt en ‘n sous vorm. Bedien warm.

Jy kan ook ‘n dubbelkastrol gebruik.
Strooi suiker oor na smaak.

Resep en foto:  Leonie Janse van Rensburg

3 Reviews

  1. Carol

    This looks wonderful however I couldn’t read the language it was in and no way of translating, so a big NO for me!

    • Hi Carol
      At he top of each recipe is a translator, hope that that will help.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page