Your Recipe Blog

VEERLIGTE SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

VEERLIGTE SJOKOLADEKOEK

  • 200 ml kakao
  • 375 ml kookwater
  • 675 ml koekmeel
  • 22,5 ml bakpoeier
  • 560 ml suiker
  • 375 ml olie
  • 6 eiers, geskei
  • 10 ml vanilla geursel
  • knippie sout

Los kakao in kookwater op en laat afkoel.
Klits olie en suiker en voeg eiergele by. Klits goed en voeg kakao hierby, meng versigtig tot goed gemeng.
Sif die droë bestanddele saam en meng by die kakaomengsel in.
Klits die eierwitte styf en vou in die beslag in met ‘n lepel.
Skep deeg in twee 23 cm veerpanne, en bak 30 minute teen 180°C.

  • Versiersel:
  • 300 g versiersuiker
  • 70 ml kakao
  • 10 ml vanilla geursel
  • 25 ml melk
  • 200 g sagte botter

Sif droë bestanddele saam, voeg melk, botter en vanilla by en klop alles goed saam met elektriese klitser tot donsig.
Versier die afgekoelde koek na smaak.

Resep geplaas deur Ricky Greyling
Foto:  Ricky Greyling

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5