VEERKOEK
- 75 ml melk
- 30 ml botter
- 140 g koekmeel (250 ml)
- knippie sout
- 5 ml bakpoeier
- 2 eiers
- 140 g suiker (175 ml)
- 5 ml vanilla geursel
Verhit die melk en botter tot kookpunt en roer om die botter te laat smelt. Sit eenkant neer.
Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam.
Klits die eiers tot lig en voeg die suiker geleidelik by.
Klits om die suiker op te los. Voeg die vanilla geursel by.
Roer die droë bestanddele in die eiermengsel in.
Voeg die warm melkmengsel by en klits een minuut met ‘n eierklitser.
Plaas die beslag in ‘n gesmeerde koekpan, 220 mm in deursnee.
Bak 25 minute lank in ‘n warm oond by 200°C of in 2 gesmeerde laagkoekpanne, 200 – 220 mm in deursnee, 20 minute lank in warm oond by 200°C.
Opmerking:
Die beslag moet dadelik gebak word, want die soliede bestanddele sak af as dit staan.
Variasie:
Sjokoladeveerkoek:
Voeg 20 g kakao (50 ml) en 10 ml botter by die melk-en-bottermengsel en verhit tot kookpunt.
Lemoenveerkoek:
Vervang vanilla geursel deur 5 ml gerasperde lemoenskil.
Resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand