VEELSYDIGE VARK FRIKKADELLE
- 1 kg vark maalvleis
- 5 ml gedroogde tiemie
- 5 ml fyn koljander
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml uiepoeier
- 5 ml knoffelpoeier
- 5 ml gerookte paprika
- gemaalde swart peper na smaak
- sout na smaak
Voorverhit oond tot 200ºC.
Smeer oondpan met olyfolie.
Meng al die bestanddele saam in ‘n groot bak.
Vorm balletjies en pak netjies in oondpan.
Bedek met foelie en bak vir 10 – 15 minute.
Haal foelie af en bak nog so 5 minute sodat die frikkadelle verbruin.
Variasie:
Vir ‘n vinnige ete braai ek die frikkadelle in ‘n pan met so bietjie olyfolie tot bruin.
- Voeg by:
- 1 blikkie “baked beans”
- 15 ml sriracha brandrissie sous
- 5 ml Worcestersous
- 10 ml suiker
- sout en peper na smaak
Bedien saam met vars broodrolletjies, of roosterbrood en ‘n gebakte eier (vir daai bos brêkfis waarvan ek gepraat het).
Resep en foto: Karen Homan