VEELSYDIGE MAALVLEIS
First of all, die Sweet Boerie relish, Dankie vir daai ene! Die beste blik kos ooit!
Ons noem die ene “Versatile Mince”, want dis lekker op enige iets: pap, kapokaartappels, rys of pasta, dit werk!
- 1 eetlepel beesvet (of olie van u keuse, ons gebruik vet want olie is duur)
- bossie vars tiemie, geknoop
- 1 groot ui, gekap
- 500 g bees maalvleis
- 1 teelepel packo kerriepoeier
- 1 eetlepel paprika
- 1 blik Miami Sweet Boerie Relish
- 1 blik of 1 koppie gemengde groente
- water
- sout en pepper na smaak
Braai die uie en tiemie in die vet tot sag en deurskynend.
Voeg die kerrie en paprika by en braai tot geurig.
Voeg maalvleis by en braai tot lekker bruin.
Voeg die blikkie relish by met so koppie water en prut vir so 15 tot 20 minute, tot die water basies verdamp het.
Voeg jou groente by en kook tot sag of krakerig – Soos jy dit verkies.
Pas sout en peper aan indien nodig.
Bedien saam rys, mash, pap of pasta.
Resep en foto: Natacha Visagie