VEELSYDIGE KAASMUFFINS
- 1 koppie bruismeel
- 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
- knippie sout
- 1 eier
- suurmelk (ek gebruik ‘n eetlepel asyn by melk)
- kookolie
- Ekstra indien verkies:
- spinasie
- Feta
- ham
- semels
- gaar gesnipperde hoender of koue vleis
Plaas die eier in ‘n maatkoppie van 250 ml, vul die koppie 2/3 met aangesuurde melk/suurmelk en vul die res van die koppie met kookolie. Klits goed saam.
Meng die kaas, meel, sout en die ekstras wat jy wil gebruik saam.
Meng die nat bestanddele en voeg by droëmengsel.
Meng alles goed deur en skep in 4 tuna blikkies indien jy dit in die konveksie oondjie gaan bak.
Bak teen 170ºC vir 20 minute op onderste rakkie.
Nota
Vanoggend het ek net ‘n derde koppie spinasie en ‘n wieletjie fetakaas in blokkies bygevoeg.
Foto en resep: Amanda Theunissen
2de foto: Rina Kleinhans
Ek het hulle sommer vanaand in my gewone oond gebak, bietjie semels, ham, spinasie en feta bygesit en dit was heerlik, regtig ‘n baie lekker skon resep wat mens kan aanpas soos mens lus het. Dankie vir die lekker resep. Dit is ‘n klein resep maak ongeveer 4-5 skons, hang af wat mens bysit 🙂