Your Recipe Blog

VARS TUNA IN ‘N KERRIESOUS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 - 8 porsies

VARS TUNA IN ‘N KERRIESOUS

Ons het gister ‘n lekker groot vars tuna persent gekry, maar nie ek of my man is lief vir tuna net in steaks nie en toe besluit ek om dit in ‘n kerriesous te maak, want ons is lief vir kerrie. Dit het baie lekker uitgekom, ek het sommer so tussen ‘n paar resepte hierdie een saam gestel. Julle is welkom om enige witvis te gebruik.

  • 1 kg vars tuna, skoongemaak en vel verwyder, sny in blokkies
  • bietjie koekmeel
  • 2 groot uie, fyn gekap
  • ½ pakkiek Knorr 2 in 1 Tasty Brown onion stew mix, aangemaak met bietjie water
  • 8 heel swart pepperkorrels
  • 2 – 3 kardemon sade
  • 2.5 ml vinkelsaad (fennel)
  • 5 ml fyngemaakte vars gemmer
  • 5 ml sout
  • 5 ml vars borrie of 5 ml borriepoeier
  • 15 ml kerriepoeier
  • 300 ml bruinsuiker
  • 1 kp water
  • 1 kp witasyn
  • 200 ml klappermelk of klapperoom
  • bietjie olie om in te braai

Pak die visblokkies oop op ‘n skinkbord en strooi koekmeel oor, draai om en strooi weer meel, maak seker die stukkies is oral bedek, maar nie teveel nie.
Gebruik ‘n lekker diep pan en verhit die olie tot matig, braai jou vis vinnig aan albei kante, dit moet net nie meer pienk wees nie, dit is regtig net 2 – 3 min.
Haal uit en sit op kombuispapier, hou eenkant.
Plaas die uie in die pan en braai tot deurskynend, voeg die res van die bestanddele by buiten die soppoeier en klappermelk.
Kook deur sonder ‘n deksel vir so 5 – 7 min.
Voeg die aangemaakte soppoeier by en laat lekker deurkook tot dit ‘n redelike dik sous is.
Sit nou jou visstukkies in die sous en roer versigtig deur sonder om die visblokkies te breek.
Kook vir ongeveer 5 min, draai die plaat af, en gooi so ongeveer 200 ml klappermelk/room by.
Roer net deur en bedien op rys of saam met ‘n lekker vars broodjie.

Nota:
Mens kan enige witvis gebruik.
As mens dit as kerrievis in die yskas wil hou, laat die klappermelk weg en gebruik bietjie meer water sodat jou vis bedek is met die sous. Wanneer afgekoel, sit in ‘n glasbak met ‘n deksel en sit in die yskas vir ‘n paar dae.
Geniet.

Resep aanpassing en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page