Your Recipe Blog

VARS SUURLEMOENSTROOP

VARS SUURLEMOENSTROOP

  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie vars uitgedrukte suurlemoensap

Werk op volume met die suiker en die suurlemoensap.
Oor lae hitte roer totdat suiker gesmelt is.
Moenie laat kook nie.
Bottel warm in gesteriliseerde glasbottels en of potte.
Seël elke bottel deur die bottel onderstebo te draai en te doop in gesmelte kerswas.

Ons bêre dit op die rak en gebruik soos nodig gewoonlik totdat nuwe stroop gekook kan word met die volgende suurlemoen oes (rondom ‘n jaar).
Gebruiksaanwysings is 1:10 tot 1:5 vir diegene met die soettande. Meng met water (of sodawater). Drink soos koeldrank. Sodra ons nuwe bottel oopmaak, skud ons dit sodat pulp lekker inmeng (dan bevat die stroop darem effe meer vesel vir ‘n gesonde spysvertering) en maak aan soos nodig. Oop bottel moet elke keer styf toegedraai word en in yskas gebêre word.

Resep en foto:  Petra Greeff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page