Your Recipe Blog

VARS PIETERSIELIE- EN GEDROOGTE UIESOUS

VARS PIETERSIELIE- EN GEDROOGTE UIESOUS

Ek het hierdie sous sommer uit my kop gemaak, en was nie van plan om die resep te deel nie, maar toe my man die 3de keer se dit is baie lekker, toe neem ek maar gou ‘n foto van sy steak en gaan probeer om dit met julle te deel.
Die hoeveelhede is na gelang van die hoeveelheid sous wat jy wil voorberei. Hierdie was genoeg vir 2 porsies.

  • 3 eetlepels gekapte vars pietersielie
  • 1 teelepel hoogvol fyn knoffel -en gemmermengsel
  • 3-4 sprietuie, opgesny
  • 1 eetlepel botter, om in te braai
  • 125 ml gedroogte uie (crispy fried onions)
  • 125 ml room
  • 3 teelepels koekmeel
  • bietjie Italiaanse speserye
  • klein knippie neutmuskaat (baie min)
  • sout en gemaalde swartpeper na smaak
  • Optioneel: ekstra melk

Plaas die botter in ‘n pan saam met die pietersielie, sprietuie en knoffel- en gemmermengsel.
Braai liggies deur, voeg die koekmeel by en meng deur.
Draai die hitte laer en voeg die room bietjie vir bietjie by terwyl jy heeltyd roer tot die sous verdik.
Voeg die gedroogte uie by, en prut stadig vir ongeveer 5-7 minute.
Indien die sous te dik is, voeg melk bietjie bietjie by tot die tekstuur reg is.
Voeg die speserye en neutmuskaat by, en sout en peper na smaak.
Laat liggie prut vir ‘n rukkie.
Draai die plaat af, plaas die deksel op en laat ‘n rukkie staan vir die geure om te trou.
Indien nodig verhit net in die mikrogolf voor bediening.

Nota:
Ons het gevind dat dit die volgende dag nog lekkerder is.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page