VARS GEPEKELDE GROENTE
- Stroop:
- 250 ml wit asyn
- 200 ml suiker
- 400 ml water
- 10 ml sout
- Volgende per bottel opgesny na smaak:
- 2 lourierblare per bottel
- peperkorrels na smaak
- blomkool
- argurkies
- klein uitjie
- rooi soetrissie
Kook al die bestanddele vir die stroop saam tot alles opgelos is en dit goed deur gekook het.
Voeg die vars groente by en kook so vir 10 minute.
Pak die groente in die skoon warm bottele bottels.
Maak vol met die stroop totdat al die groente bedek is.
Draai die deksels op en laat staan vir vier weke.
Resep en Foto: Ida Bouwer