Your Recipe Blog

VARS BASILIEKRUID SPAGHETTI MET ROMERIGE SONGEDROOGDE TAMATIESOUS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 enkel porsies

VARS BASILIEKRUID SPAGHETTI MET ROMERIGE SONGEDROOGDE TAMATIESOUS

Dit is so die moeite werd om vars pasta te maak.

  • Vars basiliekruid pasta: 
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie semolina
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels olyf olie
  • 20 g vars basiliekruid blare, gewas en droog gedruk tussen kombuis papier
  • 2 teelepels growwe sout

Maak die basiliekruid blare en sout fyn in ‘n vysel, voeg die olie by en meng goed met die stamper om ‘n smeersel te maak.
Sit meel, eiers, olie en die basiliekruidsmeersel in die mengbak en meng met deeghak aan jou menger tot die deeg nie meer aan die kante van bak vassit.
Sit die deeg in ‘n plastiek sakkie, druk alle lug uit en laat rus vir 30 minute.
Deel die deeg in 4 stukke en rol uit volgens aanwysings vir jou pasta masjien of rol uit met koekroller tot baie dun deeg. Rol op en sny so dun soos verkies of sit die dun velle deeg deur jou pasta masjien op stelling van jou keuse.
Laat die pasta effens uitdroog voordat jy dit in vinnig kokende water dompel vir 3 minute. Of jy kan dit op hierdie stadium rou vries vir gebruik later.
Verpak in plastiek sakkie.

  • Romerige songedroogde tamatiesous:
  • 240 g pakkie songedroogde tamaties in olyf olie vinaigrette
  • 2 koppies pasata tamatiesous
  • sout en suiker, na smaak om die suur te neutraliseer
  • 1 koppies vars room (of meer na smaak)
  • klein ui, fyn opgekap
  • 1 knoffeltoontjie, fyn gerasper
  • olyf olie vir braai

Sny songedroogde tamaties in stukke en voeg by die effens gebraaide ui en knoffel. Voeg die pasatasous by en prut vir 20 min.
Voeg sout en suiker by na smaak en meng die room by. Bedien saam met pasta.

Foto en resep deur Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page