Your Recipe Blog

VARS BABASPINASIE PASTAGEREG

VARS BABASPINASIE PASTAGEREG

Ek myself heeltemal oortref gisteraand. Ons baba-spinasieblare is reg vir pluk en besluit toe om ‘n pasta gereg te maak daarmee.

  • 1 opgehoopte teelepel makadamia neut botter
  • 2 eetlepels olie
  • 1 klein rooi ui, in dun repies gesny
  • 3 knoffelhuisies, grof gekap
  • ongeveer 150 g baba spinasieblare
  • 250 g spaghetti pasta
  • ½ teelepel kaas Aromat
  • 1 opgehoopte eetlepel Parmesaankaas
  • ¼ koppie room
  • sout en peper, na smaak

Begin jou pasta te kook so 10 minute voor jy begin om die res van die dis te maak.
Oor lae tot medium hitte smelt die botter in die olie in ‘n groot pan.
Die botter sal begin borrel en ‘n ligbruin kleur aanneem.
Pasop dat dit nie brand nie.
Voeg uie en knoffel by en braai net tot die uie sag is.
Voeg die spinasieblare by, roer deur die uie en braai totdat die spinasie “ge-wilt” het.
Skep nou die gaar pasta in jou uie- en spinasiemengsel in.
Moet nie die pasta dreineer nie, ons wil hulle direk uit die water uit skep in die pan.
Meng alles goed.
Voeg die kaas aromat nou by en sout en peper na smaak.
Voeg die room by en roer vinnig deur.
As dit lyk of die pasta aanmekaar wil klou, gooi bietjie van die pasta water in die pan.
Sprinkel die Parmesaankaas oor en roer deur.
Bedien warm.

Resep en foto: Adele Horn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page