VARKWORSIE FRIKADELLE MET SHERRY EN STRIKDAS PASTA
- 2 pork bangers (velletjie afgehaal, in balletjies gerol en in mielieblom gestrooi)
- sampioene, soveel soos jy wil
- 1 knoffel huisie
- 2 eetlepels sherry (As dit ‘n lang dag was vat sommer ‘n sluk)
- ½ koppie melk
- 1/3 koppie room
- stikdas pasta
Maak die strikdas pasta gaar soos jy gewone pasta sou maak.
Sauté die sampioene in bietjie botter en voeg die knoffel by.
Braai die varkfrikadelle saam.
Voeg die room en melk by.
Geur met sout, peper en vars koljander.
Wanneer die vloeistof bietjie absorbeer het, voeg die sherry by. Vat nog ‘n sluk.
Stoom die lekkerte tot melk en room ‘n sousie maak.
Dien op met vars koljander.
Nota:
Dis vir my bietjie ryk so ek sal volgende keer ‘n ciabatta broodjie of groen slaai bysit.
Enjoy❤️
Resep: Liezel Van der Merwe
Foto: Liezel Van der Merwe