Your Recipe Blog

VARKWANGPOTJIE

Recipe by
Cook: 2 ½ uur

VARKWANGPOTJIE

As julle ooooooit julle hande kan lê op varkwang vleis gryp dit. Ekt hierdie resep totaal uit my kop gekrap en dit was djeeeeeeeeeerlik. Dit was en ek gaan nie lieg nie!

  • 2 kg varkwang vleis, in groterige stukke gesny
  • 1 groot ui, in stukkies gesny
  • 1 ½ koppie rooiwyn
  • 2 aartappels, in klein stukkies gesny
  • ½ blikkie pynappelstukkies, sonder sap
  • 1 koppie droë perskes, appelkose en pitlose rosyne, gemeng en fyngekerf
  • 1 eetlepel fyngekapte knoffel
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 eetlepel Italiaanse kruie
  • sap van ‘n halwe suurlemoen
  • 1 eetlepel “mild and spicy” kerriepoeier
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt

Gebruik ‘n groot platboom swartpot en braai die vleis in sy eie vet totdat dit mooi bruin is.
Voeg die uie by en braai saam.
Voeg die wyn by die gebraaide vleis. Plaas die deksel op en laat prut vir ongeveer 90 minute.
Voeg die aartappels, pynappelstukkies en droë gekapte vrugte by.
Voeg al die kruie en speserye asook die suurlemoensap by. Roer goed deur.
Laat prut vir sowat 30 – 40 minute totdat die aartappels sag is.
Meng die kerriepoeier, suiker en appelkooskonfyt saam, voeg by die vleismengsel en roer stadig deur die vleis.
Laat prut sonder die deksel totdat die sous lekker dik gekook is of die hoeveelheid sous wat jy wil hê.
Bedien met kapokaartappels of soos ons, op twee snye dik bruinbrood gesmeer met appelkooskonfyt.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page