VARKWANGE OP DIE KOLE
Gistraand twee varkwange oppie kole gebraai en was baaaaie lekker
- 2 varkwange
- 2 eetlepels mosterd
- 2 eetlepels heuning
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel peper
- suurlemoensap
Sny die vleis van ‘n kant af al in die rondte sodat dit een lang stuk vleis is.
Meng mosterd met heuning as ook sout en peper en ‘n spuit suurlemoensap.
Meng alles saam en doop die vleis daarin sodat die vleis goed gesmeer is met die mengsel.
Rol die vleis (elke wang apart) van ‘n punt af op en steek dit vas met speke of sosatie stokkies.
Smeer die res van die sous oor die twee rolle en laat staan vir ‘n uur of twee.
Plaas die vleis in ‘n toeklap rooster en sodra jy die vuur aansteek, plaas die rooster regop langs die vuur sodat dit daai lekker rook geur kan kry en stadig warm word en braai.
Draai een of twee keer om en sodra die kole reg is, braai dit op die skerp kole vir nog ‘n paar min aan ‘n kant tot deurgaar en mooi gekleur.
En siedaar dit was djeeeerlik.
Resep en foto: Gideon Louw