Your Recipe Blog

VARKVLEIS, PINOTAGE-VYE EN CAMEMBERT BURGER

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 burgers

VARKVLEIS, PINOTAGE-VYE EN CAMEMBERT BURGER

Die kombinasie van smake in hierdie burger is hemels.
Die rokerige geur van die spekvleis in die burger is nommerpas by die rooiwynsous en soet vye.

  • Varkvleis-burgerkoekies:
  • 500 g gemaalde varkvleis
  • 250 g (1 pak) spekvleis, baie fyn gesnipper
  • 3 ml koljander
  • 3 ml komyn
  • 5 ml sout
  • 3 ml vars gemaalde swartpeper
  • 1 ui, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
  • 30 ml gekapte, vars kruie van jou keuse
  • Pinotage-vye:
  • 100 ml Pinotage
  • 45 ml balsamiese asyn
  • 45 ml bruinsuiker of heuning
  • 1 kaneelstok
  • 2 heel steranys
  • 2 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
  • 8 ferm vye, in dik skywe gesny
  • 6 hamburgerrolletjies
  • olyfolie
  • groot hand vol roketblare
  • 1 Camembert, in dun skywe gesny

Meng al die bestanddele vir die burgerkoekies saam en verdeel in ses gelyke dele.
Vorm ses burgerkoekies en verkoel vir 30 minute.
Terwyl die burgerkoekies in die yskas rus, maak die Pinotage-vye:
Verhit die Pinotage, balsamiese asyn, bruinsuiker of heuning, kaneelstok, steranys, sout en peper in ’n pan oor lae hitte tot kookpunt.
Prut vir 1 – 2 minute en pak dan die gesnyde vye in die sous. Prut verder tot die vye deurdrenk is met die sous, maar nie papgekook is nie. Hou eenkant.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die burgerkoekies daarin tot goudbruin aan elke kant. Skep van die Pinotage-sous it die pan waarin die vye geprut is en giet dit oor die burgerkoekies.
Laat die burgerkoekies verder in die Pinotage-sous prut tot net-net gaar (die sous sal ’n heerlike, klewerige sous om die vleis vorm.) Pak nou ’n skyf of twee camembert op elke burgerkoekie en bedek die pan weer. Laat die hitte van die pan die kaas sag maak en smelt.
Sny die hamburgerrolletjies middeldeur en verf die gesnyde kante met olyfolie. Druk die rolletjies vinnig onder ’n warm oondrooster of rooster die gesnyde kante in ’n warm, droë pan tot goudbruin.
Sit ’n paar roketblare op elke rolletjie, gevolg deur die vleis met die gesmelte camembert.
Skep van die Pinotage-vye heel bo-op en rond af met ’n lepel van die sous.
Sit dadelik voor.

Foto: Gideon Louw
Resep:  Arina du Plessis

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5