Your Recipe Blog

VARKVLEIS – PAD THAI

VARKVLEIS – PAD THAI

  • 150 g medium plat rysnoedels
  • 4 – 6 gebakte eiers, om voor te sit
  • 125 ml gekapte grondboontjies, om voor te sit
  • Kebabs:
  • 500 g varkmaalvleis
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 30 ml vissous
  • 2 spruituie, fyngekap
  • Noedels:
  • 60 ml oestersous
  • 25 ml rissiesous
  • 5 ml bruinsuiker
  • 45 ml lemmetjiessap
  • 25 ml sonneblomolie
  • 1 ui, in die helfte en dan in skyfies gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in repies gesny
  • 350 g murgpampoentjies in spaghetti repe gesny (sien Woolies verkoop die murgpampoentjies spaghetti)
  • 100 g mungboontjiespruite

Bedek die noedels met kookwater en laat dit 30 minute week tot dit sag is.

Kebabs:
Meng die maalvleis , knoffel , 15 ml van die vissous en spruituie saam. Vorm dit om agt stelle Chinese stokkies. Sit dit in die yskas tot jy reg is om dit gaar te maak. Maak dit oor hoë hitte in ‘n riffelpan of onder ‘n vuurwarm roosterelement gaar – omtrent 4 minute aan ‘n kant.

Noedels:
Roer die res van die vissous, oestersous, rissiesous, suiker en lemmetjiessap saam. Verhit ‘n groot pan of wok. Voeg olie by en braai die ui en knoffel vir ‘n paar sekondes. Voeg die soetrissie, murgpampoentjies en boontjiespruite by en roerbraai dit tot dit net sag is.
Voeg die gedreineerde noedels en die sousmengdel in die wok en roer tot dit deurwarm is. Verdeel die noedels tussen die opdienbakkies. Voeg 1 – 2 kebabs en ‘n gebakte eier per persoon by.

Foto: Petro van Genderen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page