Your Recipe Blog

VARKVLEIS GROENBOONTJIEBREDIE MET SPEKBOOMBLARE

VARKVLEIS GROENBOONTJIEBREDIE MET SPEKBOOMBLARE

“Njamm, vir die stuiptrekkings van die winter.
Nota: Die spekboom kan met suring vervang word of selfs ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil. Hierdie kan net lekker in die swartpot op die vuur ook wees. Daardie “pork parcels” in die rakke werk die beste.”

  • 1 kg varkvleis, in stukke gesny
  • olie vir braai
  • 1 groot ui, in stukke gesny
  • handvol spekstukkies
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 koppie witwyn
  • sap van 1 suurlemoen
  • 4 koppies beesekstrak (3 blokkies)
  • 3 aartappels, geskil en in blokke gesny
  • 3 koppies groenbone (ek het gevriesde bone gebruik)
  • handvol spekboomblare, gesny
  • 1 teelepel braaispesery (ek het Six Gun grill gebruik)
  • 1 teelepel witpeper

Braai die vleis in sarsies bruin in bietjie olie. Hou die vleis eenkant.
Braai die uie, knoffel en spek in dieselfde pot totdat die  uie deurskynend is.
Plaas die vleis terug in die pot en voeg die witwyn en suurlemoensap by sodra die vleis begin braai.
Skraap die brandseltjies los en laat reduseer totdat die wynmengsel die helfte is.
Strooi die braaispesery en peper by.
Voeg nou die ekstrak by en prut sowat 30 minute.
Voeg die aartappels en die helfte van die groenbone by en kook dit nog 20 minute.
Voeg die res van die groenbone en spekboomblare by en prut ‘n verdere 10 minute of tot die aartappels sag is.
Bedien die dis met suurlemoenskywe, witrys en soetpampoen.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page