Your Recipe Blog

VARKTJOPS IN SOETSOUS

VARKTJOPS IN SOETSOUS

  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 koppie tamatiesous
  • 1½ koppie kookwater
  • 1 eetlepel tjops speserye
  • 5 knoffelvingers, fyn gedruk
  • sout en peper na smaak
  • gemengde groente, hoeveelheid volgens eie keuse
  • 2 aartappels, in blokkies gesny
  • 5 – 6 varktjops
  • Ekstra:
  • 2 eetlepels Bisto

Voeg al die bogenoemde bestanddele saam in ‘n drukkoker buiten die tjops.
Plaas die varktjops bo-op die groente.
Seël die drukkoker en stel op die stelling vir vleis, laat die druk op bou en tyd af tel.
Dit is gewoontlik ongeveer 40 min. Laat die druk uitgaan.
Na dit gaar is, meng die Bisto in 150 ml van die sous in die pot en meng goed deur die vleismengsel in die pot.
Kook vir verdere 5 minute sonder druk.
Bedien saam met tamatie en uieslaai,  skep die vleis op rys of stywe pap.

Resep en foto: Juanri Van Der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page