Your Recipe Blog

VARKTJOPS IN ‘N KITS

VARKTJOPS IN ‘N KITS

  • 4 varktjops
  • sout en peper, na smaak
  • eie keuse speserye, hoeveelhede na smaak
  • Sous:
  • 30 ml soetrissie of rissie-knoffelsous
  • 30 ml blatjang (ek het jalapeno-blatjang gebruik)
  • 30 ml suiker
  • 30 ml Worcestershiresous

Keep die vetrante van die varktjops in sodat dit goed kan uitbraai.
Plaas die tjops langs mekaar in ‘n gesmeerde bakpan.
Meng al die sousbestanddele saam sodat dit in ‘n pasta vorm.
Ek sit ‘n titsel water by. Smeer elke varktjop met van die pasta.
Bak teen 180 °C tot bruin, draai die tjops om en smeer aan anderkant. Bak tot gaar.

Resep: Morne Kriel
Foto: Ilze Jacobs – Varktjops was op vannaand se spyskaar en dié resep was die eindresultaat. Ek het die suiker met versoeter vervang en geen suiker blatjang gebruik – dit was heerlik.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page