VARKSTERTSTUITJIE
“Ek het vir aandete hierdie heerlike varkstertstuitjie vir my innie oond gaargemaak en dit was djeeeeeerlik. Ekt die snit raakgeloop in ons plaaslike porkdeli. Was baaie goedkoop en heeerlik. Dit is die varkstert met ‘n redelike groot stuk van die rugstring by soos ‘n stuitjie vanne hoener. Ek’s nie vraterig nie maar die snit was effe groot vir my bord.”
- 1 varkstert met stuitjie
- 1 koppie lemoensap
- 1 eetlepel heuning
- sout en peper, na smaak
- droë knoffelvlokkies, na smaak
- 1 teelepel rissievlokkies
- ‘n paar stukkies geskilde appel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny gleuwe in die vleis.
Plaas die vleis in ‘n groot genoeg oondbak wat bespuit is met kossproei.
Giet die lemoensap oor die vleis.
Sprinkel die heuning reg-oor die vleis.
Besprinkel die vleis met sout en peper, na smaak.
Besprinkel met droë knoffelvlokkies en rissievlokkies.
Druk die appelsnye in die gleuwe in die vleis in.
Bedek die bak met foelie en bak by 180°C vir twee ure.
Haal die foelie af en skep van die bak se sous oor die vleis.
Los die foelie af en stel die hitte af na 100°C, bak vir nog 15 minute om effens te verbruin en om die sous minder te maak.
Dien op saam met ‘n lekker groot skep “smash” of tuisgemaakte kapokaartappels en giet die sous in die dammetjie smash en plaas die vleis bo-op. Lekker eet.
Resep en foto: Gideon Louw