VARKSTERTJIES MET KRUMMELS
“Ek was vanaand lus vir varkstertjies en berei toe hierdie heerlikgeit voor.”
- 7 skoongemaakte varksterte, met velle afgetrek
- 4 medium groot aartappels, geskil en in wiele gesny
- 2 teelepels rissievlokkies
- 2 teelepels Aromat
- 1 pakkie sampioensoppoeier
- 1½ koppies melk
- 1 teelepel peper
- ½ koppie fyn broodkrummels
Gebruik ‘n groot genoeg gespuite vuurvaste bak en pak die aartappels die hele bodem vol.
Pak die varksterte op die aartappels sodat dit eweredig versprei is.
Meng alle ander bestanddele, behalwe die krummels, en giet dit oor die stertjies in die bak.
Bedek met foelie en bak in die oond op 180ºC vir twee ure en 15 minute.
Verwyder die foelie en sprinkel die krummels eweredig oor die stertjies.
Plaas die gereg terug in die oond en rooster vir ‘n paar minute tot mooi goudbruin.
Resep en foto: Gideon Louw