VARKSTERTJIE MET ‘N KINKEL
“Ek’t die naweek vir ons ‘n varkstertjie met ‘n kinkel gemaak. Sjoeeee dit is baaaaie lekker.”
- 8 varkstertjies
- Marineersous:
- 2 eetlepels Worcestershire sous
- 3 eetlepels olyfolie
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 3 eetlepels suiker
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel peper
- 1 eetlepel medium (mild and spicy) kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
Verwyder die velle van die stertjies.
Meng die sous bestanddele saam.
Laat die stertjies lê in die sous vir omtrent ses ure of oornag.
Wanneer dit klaar in die mengsel gemarineer het, plaas dit in ‘n toeknyp rooster.
Wanneer jy die vuur aansteek soos vir braai, plaas die rooster langs die vuur – soos vir ‘n staanrib.
Laat dit so stadig braai vir omtrent twee ure.
Draai intussen die rooster om sodat dit alkante kan stadig braai.
Doop die gebraaide stertjies dan in die res van die sous en braai dit dan nog vir ‘n ruk op stadige kole totdat dit mooi goudbruin is.
Resep en foto: Gideon Louw